Research Article
‘Innie Malmesbuġy waa ôs bly’: Taalburgerskap, Arabies-Afrikaans, en die bry-r in Ashwin Arendse se Swatland
DOI:
10.2989/16073614.2024.2311431
Abstract
Die belang van die geromaniseerde ghaynsimbool (ġ) in Ashwin Arendse se digdebuut, Swatland, word in dié artikel as ʼn vorm van taalburgerskap ondersoek. Die ghaynsimbool, wat met verwysing na die Arabies-Afrikaanse skryftradisie gebruik word, word deur Arendse ingespan om die verskynsel van die bry-r ([ʀ]), tiperend van Afrikaanssprekendes van Malmesbury in die besonder, en Suidwestelike Afrikaans in die algemeen, voor te stel. Met die [ʀ] wat op die marge van verteenwoordiging in breë diskoerse om Afrikaans bestaan, verskaf taalburgerskapsteorie ʼn raamwerk waardeur Arendse se gebruik van die ghaynsimbool as inklusiewe, ortografiese vernuwing bespreek kan word. Daar word verder geargumenteer dat daar nie bloot ʼn oplossing vir die uitdaging van die voorstelling van die [ʀ] verskaf word nie, maar dat die posisie van die Arabies-Afrikaanse skryftradisie, die Kaapse Moesliemgemeenskap, asook die historiese verbintenis tussen Maleis en Afrikaans deur Arendse se digkuns meer sigbaar gemaak word.
Get new issue alerts for Southern African Linguistics and Applied Language Studies